We're getting married! Thanks you for visiting our wedding website. we can't wait to celebrate this beautiful chapter of our lives with all all our family and friends. With love, Brandon & Tenille
Ons storie het begin met n eenvoudige boodskap op 8 Februarie 2023 - n boodskap wat on lewens vir altyd sou verander. Wat as n gewone gesprek begin het, het vinnig in iets baie besonders verander.
Op 3 Maart 2023 het ons op ons eerste date gegaan, en van daardie dag af het ons geweet daar is iets spesiaals tussen ons. Net n paar weke later, op 26 Maart 2023 het Brandon vir Tenille in die parkeergrond van Kota Joe's gevaar om sy meisie te wees. n Eenvoudige oomblik wat een van ons mooiste herinneringe geword het.
So was ons lewe saam een groot avontuur. Ons het baie gelag, ongelooflike herinneringe gemaak en baie nuwe dinge saam ervaar. Tenille het Brandon selfs op sy eerste jag ervaring geneem - die begin van nog baie avonture saam.
Op die 15 Junie 2025, tydens ons tweede jag avontuur op die plaas, het Brandon vir Tenille gevra om met hom te trou. Dit was een van die beste dae van ons lewens, n oomblik wat ons vir alkyd sal koester.
Nou begin ons volgende hoofstuk saam, en op 25 September 2027 se ons "ja" vir n leeftyd van liefde, lag en nuwe avonturen saam.
Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag saam met al ons geliefdes te vier nie .